SUIDKUS

13 tot 20 April 2021

Op populêre aanvraag is hierdie heerlike en ontspanne toer na die immer gewilde Suidkus, verleng na 8 dae, en dit boonop nog gedurende die beste tyd van die jaar. Die Blue Marlin Hotel in Scottburgh, een van die gewildste vakansie-oorde aan die Kwazulu Natalse suidkus, is onlangs pragtig opgradeer en verfraai en die etes is onverbeterlik. Hierdie is ons verblyf vir die volle duur van die toer en daar hoef dus nie elke dag ingepak en verder gery te word nie. ‘n Wye verskeidenheid van interessante en opwindende uitstappies is ook by die tarief ingesluit en saans is daar allerhande vermaaklikheid wat deur die hotel aangebied word. Jy verdien hierdie blaaskansie!

PER PERSOON WAT DEEL:  R9,950.00

ENKELBYBETALING:  R2,500.00

Kontak ons gerus vir ‘n volledige dag-tot-dag reisplan