BERGE FANTASIE

24 tot 30 April 2021

Hierdie 7dag toer is net nommer-pas vir jou!! Ervaar die wonderlike natuurskoon en absolute kalmte van hierdie majestieuse berge. Hierdie toer begin met 1 nag se verblyf in die pragtig geleë Mountain Shadows hotel, kort duskant Elliot op die suidelike grens van die Drakensberge. Dit word gevolg deur 2 nagte se verblyf in die Wêreld Erfenis-Oord van die Suidelike Drakensberge, waar ‘n opwindende 4×4 rit teen die legendariese Sani pas ingesluit is. Hierna volg 2 nagte in die Sentrale Drakensberge. ‘n Roofvoëlvertoning en ‘n konsert deur die Drakensbergse Seunskoor is ook op die spyskaart. Besoek word ook gebring aan die uitmuntende ingenieursprestasie, die Hidro-elektriese pomp/kragstasie naby Drakensville en ons sluit af met 1 nag se verblyf in die onbeskryflike prag van die veelkleurige sandsteen formasies van die Golden Gate Nasionale Hooglandpark.

 PER PERSOON WAT DEEL:  R7,950.00

ENKELBYBETALING:  R1,850.00

Kontak ons gerus vir ‘n volledige dag-tot-dag reisplan