KENIA EN MOMBASA

4 tot 11 Augustus 2021

Jy het dit waarskynlik op televisie gesien en dalk selfs die IMAX weergawe op die groot skerm gesien. Miskien is dit op jou kluitklaplysie om eendag self te ervaar. Hierdie uitsonderlike jaarlikse trek van wildebeeste en ander herbivore oor die Serengeti/Masai Mara vlaktes is werklik díe grootste wildskouspel en ‘n ONDERVINDING VAN ‘N LEEFTYD. Ongeveer 200,000 zebras en 500,000 Thompson’s gaselle neem jaarliks saam met die hoofspelers, 1.9 miljoen wildebeeste, aan hierdie ongelooflike trek deel.

Om saam met hierdie galoppende diere op die eindelose vlaktes van die Masai Mara te wees met die rooi Afrika stof in die lug, is ‘n dramatiese ondervinding wat net verstaan kan word as dit persoonlik ervaar word. Dit is die één ding wat baie beter in lewende lywe is as op die groot skerm.

Sluit dit af met ‘n weelderige tydjie van ontspanning op die skitterstrande van Mombasa. (Die opsie bestaan om die Mombasa gedeelte uit te sluit).

PER PERSON SHARING (full tour)  :  OP AANVRAAG

PERSON SHARING (excl. Mombasa)  :  TARIFF ON REQUEST

Please contact us for a detailed day-to-day itinerary.