NAMAKWALAND EN DIE WESKUS GEDURENDE BLOMSEISOEN

Toer 1:  15 tot 21 Augustus 2021 (Vertrek per bus en keer terug per vliegtuig)
Toer 2:  21 tot 27 Augustus 2021(Vertrek per vliegtuig en keer terug per bus)

Gedurende die droë en vaal somermaande is dit moeilik vir die toeris om te glo dat daar jaarliks hier ‘n veldblomskouspel kan wees.  Maar nà goeie winterreënval trek Namakwaland egter haar kleurvolle jakkie aan en vir ‘n kort rukkie neem derduisende verskillende wilde blommetjies die landskap oor.  Daar is al talle gedigte, stories en skilderye aan hierdie jaarlikse stortvloed van God se kleure opgedra.  Kom saam met ons sodat ons die verskuilde juwele en gasvryheid van Namakwaland en die Weskus kan ervaar. Al hierdie dinge verseker ‘n onvergeetlike ervaring!!

PER PERSOON WAT DEEL:  R 10 350.00

ENKELBYBETALING: R 3 000.00

Kontak ons gerus vir ‘n volledige dag-tot-dag reisplan

Please contact us for detailed itineraries