KLEIN KAROO EN OVERBERG

6 tot 13 Oktober 2021

Hierdie 8-dag toer is nou vól opwinding.  Dit is die tyd van die jaar dat die Klein Karoo en die gewilde Roete 62 amper net so skouspelagtig as Namakwaland is.  Kom saam met ons en staan verstom deur die pragtige landskap, asemrowende bergpasse, blomme en vrugteboorde in volle blom.

Daar is ook besoeke aan ‘n verskeidenheid interessante plekke soos Montagu, en ‘n rit met ‘n trekker en sleepwa teen die Langeberge uit en ‘n smullekker potjiekos middagete. Ons gaan kuier ook by die mees Suidelike punt van Afrika by Kaap Agulhas

Dan is dit ook tyd vir die jaarlikse besoek van die Noordkapper walvisse aan hierdie gebied  Ons spandeer 3 nagte in die sprokie-mooie Arniston Hotel en in hierdie tyd is daar ook geleentheid by die nabygeleë Struisbaai vir ‘n opsionele see-bootvaart vir diegene wat nog altyd hierdie reuse soogdiere van die oseaan van nader wou besigtig.

Die pragtige roete huiswaarts, gaan oor Swellendam, Mosselbaai, George, Wilderness en Colesberg.

TARIEF: OP AANVRAAG

Kontak ons gerus vir jou volledige dag-tot-dag reisplan

Please contact us for your detailed day-to-day itinerary