DUBAI

21 tot 28 November 2021

Hierdie is werklikwaar ‘n opwindende nuweling op ons jaarprogram.  Kom gerus saam en ervaar die wondere van hierdie baie bekende deel van die Verenigde Arabiese Emirate. 

Akkommodasie is in een van die vele gerieflike en sentrale hotelle en ‘n groot verskeidenheid van ekskursies word alles by die toertarief ingesluit.  Hierdie is onder andere:

1. ‘n Aand-Bootrit op die verligte marina met ‘n heerlike aandete. 

2. ‘n Baie interessante Halfdag Dubai stadstoer.

3. Woestyn safari met kameel-ry, ‘n heerlike braai-aandete en allerhande vermaak.

4. Besoek aan die 125ste verdieping van die “Burj Khalifa”, die hoogste gebou in die wêreld,

5. Dubai akwarium en onder-water dieretuin.

6. Abu Dhabi stadstoer met ‘n besoek aan die indrukwekkende wit marmer moskee van Sheikh Zayed.

Dan is daar ook tyd beskikbaar om eie opsionele ekskursies te onderneem met ‘n uitmuntende openbare vervoerstelsel.

Moenie hierdie wonderlike ervaring misloop nie.

PER PERSOON WAT DEEL:  R 27 500.00

ENKELBYBETALING : R 6 000.00

(Hierdie tariewe is onderhewig aan wisselkoers variasies van die S A Rand teenoor die VSA$)

Kontak ons gerus vir jou volledige dag-tot-dag reisplan

Please contact us for your detailed day-to-day itinerary