BOTSWANA (MAKGADIKGADI, CHOBE, OKAVANGO) EN VICTORIA WATERVAL

Toer 1: 27 Junie tot 5 Julie 2020
Toer 2: 3 tot 11 Julie 2020
Toer 3: 11 tot 19 Julie 2020

Toer 4: 15 tot 23 Julie 2020

‘n Kuier in Botswana bly nou maar ‘n opwindende en baie spesiale ervaring.  Hierdie land is rustig en toeristevriendelik en is skatryk aan unieke toeriste aantreklikhede wat in geen ander land voorkom nie.

Die enorme Makgadikgadi panne naby Nata kry ‘n besoek met 4 X 4 voertuie, terwyl daar vir ‘n hele 3 nagte by die spoggerige Chobe Safari Lodge op die wal van die Choberivier in Kasane lekker gekuier word.  Hier is ‘n wildrit in oop voertuie deur die Chobe Nasionale Park en ‘n bootrit op die Choberivier ingesluit by die tarief en net miskien sien mens deel van die enorme olifanttrop van ongeveer 100 000, wat deur die Choberivier swem.  Dan is daar ook nog die Okavango Delta – die grootste binnelandse delta in die wêreld.  Hierdie wonder van die natuur kan deur opsionele mokoro ekskursies en/of met ‘n ligte vliegtuig ervaar word.

Nog ‘n kersie op die koek is ‘n besoek aan die wêreldberoemde Victoria waterval in Zimbabwe, wanneer die waterval op sy allermooiste is.  Moenie hierdie een misloop nie.

PER PERSOON WAT DEEL:  R

ENKELBYBETALING:  R

Kontak ons gerus vir ‘n volledige dag-tot-dag reisplan