KLEIN KAROO EN OVERBERG

3 tot 13 Oktober

Hierdie 8-dag toer is nou vól opwinding.  Dit is die tyd van die jaar dat die Klein Karoo en die gewilde Roete 62 amper net so skouspelagtig as Namakwaland is.  Kom saam met ons en staan verstom deur die pragtige landskap, asemrowende bergpasse, blomme en vrugteboorde in volle blom.  Daar is ook besoeke aan ‘n verskeidenheid interessante plekke soos die wêreldbekende Kango Grotte, ‘n rit met ‘n trekker en sleepwa teen die Langeberge uit en die mees Suidelike punt van Afrika by Kaap Agulhas.  Dan is dit ook tyd vir die jaarlikse besoek van die walvisse and Walkerbaai.  Ons spandeer 2 nagte in Hermanus, die beste walvis besigtigingsplek in die wêreld.  Daar is ook geleentheid vir diegene wat nog altyd hierdie reuse soogdiere van die oseaan van nader wil besigtig deur ‘n opsionele bootrit.  Die pragtige roete huiswaarts, gaan oor Swellendam, Mosselbaai, Wilderness en Colesberg.

 

PER PERSOON WAT DEEL:  R

ENKELBYBETALING:  R

 

Kontak ons gerus vir ‘n volledige dag-tot-dag reisplan