NAMAKWALAND EN DIE WESKUS GEDURENDE BLOMSEISOEN

Toer 1:  16 tot 22 Augustus (Vertrek per bus en keer terug per vliegtuig)
Toer 2:  23 tot 29 Augustus (Vertrek per vliegtuig en keer terug per bus)

Gedurende die droë somermaande is dit moeilik vir die toeris om te glo dat daar jaarliks ‘n wilde blomme skouspel kan wees. Na die winterreënval trek Namakwaland haar kleurvolle jas aan en vir ‘n kort rukkie neem die wilde blommetjies die landskap oor. Daar is al talle gedigte, stories en skilderye aan hierdie jaarlikse stortvloed van God se kleure opgedra. Kom saam met ons sodat ons saam die verskuilde juwele en rustigheid van Namakwaland en die Weskus kan ervaar. Al hierdie dinge verseker ‘n onvergeetlike toer!!

 

PER PERSOON WAT DEEL:  R8,950.00

ENKELBYBETALING:  R2,000.00

 

Kontak ons gerus vir ‘n volledige dag-tot-dag reisplan