MALUTI MEANDER

3 tot 8 Februarie 2019

Hierdie 6-dag toer is splinternuut op ons kalender en beloof om ‘n groot treffer te wees.  Almal wat reeds die Katsedam in Lesotho besoek het, sal weet dat die natuurskoon in die bergpasse van die Maluti’s ongeëwenaard is.  Hierdie is nou ‘n geleentheid om ‘n nag in een van die spoghotelle in die Lesotho hoofstad, Maseru, te slaap en ‘n tweede dam in die Lesotho Hoogland Waterskema, die Mohaledam, te sien. Kom gerus saam en ontdek ook ander verborge skatte van die pragtige Oos Vrystaat, met sy veelkleurige sandsteen kranse en vele geskiedkundige en natuur interessanthede.

 PER PERSOON WAT DEEL:  

ENKELBYBETALING:  

 

Kontak ons gerus vir ‘n volledige dag-tot-dag reisplan