DUBAI

1 tot 8 November

Hierdie is werklikwaar ‘n opwindende nuweling op ons jaarprogram.  Kom gerus saam en ervaar die wondere van hierdie baie bekende deel van die Verenigde Arabiese Emirate.  Akkommodasie is in een van die spoggerige hotelle en ‘n groot verskeidenheid van ekskursies word alles by die toertarief ingesluit.  Hierdie is onder andere ‘n Bootrit op die marina met aandete, ‘n halfdag Dubai stadstoer, ‘n woestyn safari met aandete, besoek aan die 125ste verdieping van die “Burj Khalifa”, die hoogste gebou in die wêreld, die Dubai akwarium en onder-water dieretuin en ‘n Abu Dhabi stadstoer.  Daar is ook tyd beskikbaar vir eie opsionele ekskursies.  Moenie hierdie wonderlike ervaring misloop nie.

 

PER PERSOON WAT DEEL:  R

ENKELBYBETALING:  R

 

Kontak ons gerus vir ‘n volledige dag-tot-dag reisplan