DRAKENSBERGE

2019

Hierdie toer is net nommer pas vir jou!! Ervaar die wonderlike natuurskoon en absolute kalmte van hierdie majestueuse berge. Hierdie ses dag toer begin met 1 nag se verblyf in die onbeskryflike prag van die veelkleurige sandsteen formasies van die Golden Gate Nasionale Hooglandpark. Dan verskuif ons vir 2 nagte se verblyf in die Wêreld Erfenis-Oord van die Suidelike Drakensberge, waar ‘n opwindende 4×4 rit teen die legendariese Sani pas ingesluit is. Hierna volg 2 nagte in die Sentrale Drakensberge, ‘n roofvoëlvertoning en ‘n konsert deur die Drakensberg se Seunskoor is ook op die spyskaart. ‘n Besoek word ook gebring aan die uitmuntende ingenieursprestasie, die Hidro-elektriese krag/pompstasie naby Drakensville.

 PER PERSOON WAT DEEL:  

ENKELBYBETALING:  

 

Kontak ons gerus vir ‘n volledige dag-tot-dag reisplan